top of page

Urban Wine and Coffee House

Ek het so twee weke terug een aand op Facebook gesien hier is ’n plekkie in Durbanville met die naam “Urban Wine and Coffee house”. Die volgende dag oor middagete het ek besluit om vinnig daar te gaan inloer.

 

Ek het dadelik van die plekkie gehou. Dit is 'n baie mooi, netjiese plekkie wat ’n lekker moderne gevoel het. 

 

Ek was baie opgewonde toe ek op Facebook sien hulle maak Cortado's. Cortado's is iets wat mens nie by baie koffiewinkels vind nie. Ek vra toe vir ’n Cortado, maar die kelner sê toe dat hulle nie Cortados maak nie. Dit het my toe laat besluit om 'n Americano met warm melk te bestel. Tot my verrassing daag daar toe ’n Cortado by my tafel op. Ek sou nogal daarvan gehou het dat die kelner vir my kom sê het dat sy gehoor het hulle het Cortado's en wil ek eerder dit hê, maar sy het net gebring. Dit is nie vir my groot problem nie, maar sou goed gewees het om te kom vra. Die Cortado was baie lekker, aangesien dit  ’n regte Cortado was. Die balans tussen melk en espresso was 100%. Die koffie was mooi rond en die “extraction” tyd van die espresso was perfek.

 

Maar middagete vereis seker kos ook? Ek het die “Steak and Caramelised Onion Sammie” bestel. Hierdie Sammie moet ek sê was regtig voortreflik! Dit was smaaklik, die steak was sappig, die balans van smake was perfek en dit as mooi bedien. Ek kon sien en proe dat die person wat dit voorberei het, weet wat hulle doen en neem trots in hulle werk.

 

Ek hou baie van wat die eienaars met die plek doen, ek is ook seker dat hierdie plek die potentiaal het om een van die beste koffiewinkels in Durbanville te word. Jy kan verseker hier ’n draai gaan maak. Jy kan seker wees dat jy waarde vir geld gaan kry.

 

Koffie: 3/5

Verskeidenheid koffie: 4/5

Waarde vir geld: 5/5

Atmosfeer: 5/5

Diens: 5/5

​

Waar kry jy hulle:

​

​

​

​

​

​

Volg Urban Wine & Coffee House
  • Facebook Social Icon
  • Instagram Social Icon
bottom of page