top of page

Lees bietjie BaardBek

Hoe om jou koffie te stoor.

Jy is lief vir jou koffie soos jou vrou, en jy wil graag jou koffie net so goed oppas. Maar die verskil is jy is nie seker hoe om dit te doen nie. Ons kan jou nie help met hoe om jou vrou op te pas nie, maar ons kan vir jou advies gee oor hoe om jou koffie te stoor.

​

Eerstens moet ons vir jou sê dat dit is altyd beter om koffiebone te koop as om gemaalde koffie te koop. Sodra die koffiebone gemaal is, begin dit dadelik van hulle aroma en geure verloor. Dit is hoekom vars gemaalde koffie altyd so lekker raak, want tydens die maal proses word die koffie ontwrig en kom dit met meer suurstof in aanraking en begin die koffie afbreek.

Die beste manier om jou koffie te bewaar is om dit in lugdigte houers in ’n koel donker plek te stoor. Koel beteken nie dit moet in die yskas gesit word nie. Daardie mite om koffie in die yskas te stoor, is wat dit is - ’n mite. 

Die grootste vyand vir jou koffie is lig en lug. Daarom koop vir jou koffie goeie lugdigte bakkies en sit dit binne-in ’n kas wat nie direkte son kry nie en ook nie reg langs die stoof staan nie. Donker en koel is die geheim.

Probeer om ook net genoeg koffie te koop sodat dit binne twee weke opgebruik word. As jy dit goed stoor, kan jy dalk bietjie langer jou koffie berg.
 

bottom of page