resensies
Hierdie winkel is geleë langs die N1 in Brackenfell. Nou ek moet eerlik wees en sê dat hierdie nie jou tipiese koffiewinkel is nie. Jy kan sien dat hulle fokus is om bone te rooster. Hulle bedien nie kos nie, maar hulle bedien koffie en jy kan verskeie “single origins” by hulle kry, asook hulle eie “blends”.
Ek het soos altyd met ’n Americano begin gemaak van hulle eie huis blend. Dit was ’n ligte en maklik drinkbare Americano. Persoonlik kon dit vir my sterker gewees het, maar vir die gemiddelde koffiedrinker sal dit perfek wees. Daarna het ek ’n Cuppacinno gedrink, gemaak met Colombia bone. Mens kon duidelik agterkom dat die bone baie goed gerooster was. Dit het ’n lekker “full body” gehad en is ’n Cuppacinno wat enige iemand sal geniet.
Maar hierdie is ’n “Coffee roaster” en dit is waar die lekker inkom. Pierre van der Merwe, wat die eienaar en roaster is, is ’n vriendelike en gasvrye person. Hy laat jou baie welkom by sy plek voel. Dit voel sommer vinnig asof jy al jare lank met hom vriende is. Sy passie, kennis en gewilligheid om dit met mense te deel, is opvallend. Voor ek my kon kry, staan ons by sy Probat en is hy besig om vir my sy hele proses van roasting te verduidelik.
Hy het my letterlik stap vir stap deur sy proses gevat. Van hoe die Probat werk, hoe hy sy tempratuur beheer, hoe lank die bone moet rooster, ens. Dit was vir my as koffieliefheber heerlik om die kuns en die wetenskap van koffie bone rooster te leer en te sien.
Ek het vir my twee pakkies bone daar gekoop. El Salvador en ook Colombia wat van die Probat in my pakkie ingeskep is. Al twee hierdie pakkies bone is tot perfeksie gerooster, en ek het heerlike koffie al van hulle gemaak.
As jy bone wil koop en in die Durbanville omgewing bly, kan jy gerus by Pierre ’n draai gaan maak. Hy het ook gesê dat hy Saterdae om 11 uur bone rooster, so as jy meer wil leer, gaan loer daar in op ’n Saterdag.
Koffie: 3/5
Verskeidenheid koffie: 4/5
Waarde vir geld: 5/5
Atmosfeer: 3/5
Diens: 5/5
​
Waar kry jy hulle:
​
​
​
​
​
​