Hierdie juweel is 'n koffiewinkel wat 'n moet is om te besoek! Nie net is hulle koffie fantasties nie, maar hulle vriendelikheid en gewilligheid om hulle koffie kennis met jou te deel, maak hierdie 'n heerlike koffie drink ervaring.
​
Hierdie is nie die grootste koffiewinkel wat jy in die Kaap gaan kry nie, maar verseker een met die grootste hart. Die oomblik wat jy daar instap, weet jy sommer dat hier gaan dit oor koffie.
​
Moenie verwag om hier jou gemiddelde koffie te kry nie. As jy dit soek gaan maak 'n draai by M&B. Hier kan jy tot sewe soorte "single origin" koffie kry wat vars gerooster word op die perseel. My gunsteling "single origin" is verseker die Ethiopie Sidoma. As jy nie lus is vir 'n "single origin" nie dan moet jy definitief hulle #dagbreek blend probeer. Pieter Smit die eienaar is 'n meester as dit kom by die rooster van bone. Hy is altyd gewillig om met jou te gesels oor die proses en sy koffie kennis met jou te deel. Pieter sorg dat hulle koffie #altydvars is.
​
Die atmosfeer in die winkel is baie gemaklik met mure wat versier is met inligting oor koffie. Dit word baie kunstig deur Yusri, een van hulle baristas, gedoen. Nie net kan hy goed teken nie, maar hy maak 'n fantastiese Cortado en as jy 'n bietjie ekstra kaffiene soek vra gerus vir daai ekstra skoot espresso.
​
As jy vroeg oggend daar stop kan jy seker wees daar gaan 'n klompie koffie liefhebbers wees wat tou staan vir hulle koffie om weg te neem. Ek beveel egter aan dat jy nie te haastig is as jy daar 'n draai maak nie. Hulle bedien 'n fantastiese ontbyt vir slegs R40. Dit word pragtig bedien en die smaak is net so mooi. Daar kom 'n heerlike soet mostert sousie saam waaroor jy mal sal wees. Nie net is die ontbyt heerlik nie, maar hulle het ook 'n verskeidenheid geroosterde broodjies wat uit die boonste rakke is.
​
Jy kan ook by hulle vars geroosterde bone koop teen R50 per 250gram. Koop sommer 'n paar verskillende soorte bone en speel by jou huis en maak jou eie "blend".
​
Ek beveel Boston Coffee ten sterkste aan vir enige koffie liefheber. Jy sal nie spyt wees nie.
​
Koffie: 5/5
Verskeidenheid koffie: 5/5
Waarde vir geld: 5/5
Atmosfeer: 5/5
Diens: 5/5
​
Waar kry jy hulle:
​
​
​
​
​
​