Tuis koffie proe en brou
Die wêreld van koffie is wonderlik. Daar is soveel unieke koffies en unieke maniere van koffie maak. Laat ons toe om jou in die gemak van jou huis, hierdie wêreld te ontdek.
Ons sal vir jou drie veskillende soorte enkel oorsprong koffies en twee BaardBek kombinasies maak. Ons sal jou wys hoe om koffie met ’n Hario V60, Chemex, Aeropress, French Press en ook ’n Siphon Pot en Moka Pot te maak. Deur hierdie verskillende metodes te gebruik, sal jy die verskillende karakter eienskappe van die verskeie koffies ontdek. Bêre maar die suiker en melk en ontdek die ware smaak van goeie koffie. Ons sal dan die proe en brou aflsuit met ’n heerlike Affogato's. Dit is 'n nagereg koffie wat met roomys en Moka Pot koffie gemaak word.
Koste: R500 vir 4 mense in die Durbanville omgewing. Indien dit buite Durbanville is, mag ons dalk ’n ekstra reisfooi vra.
Indien jy belangstel, epos ons asseblief by info@baardbekkoffie.co.za