top of page

BaardBek Koffie

Meer as Koffie

wie is

BaardBek Koffie

Die BaardBek agter "BaardBek Koffie" is Arno Mattheus. Vir hom is goeie koffie nie net in die smaak en aroma nie, maar ook in die maak van dit, die geselligheid en gesprekke wat saam met die koffie gaan. Agter elke koppie koffie wat gedrink word is daar 'n storie, 'n gemeenskap en duisende hande wat dit moontlik gemaak het vir ons om dit te kan geniet. Agter elkeen wat die koffie drink is daar 'n storie, 'n verlede en 'n toekoms.

​

Hy is op 'n missie om die beste koffie en koffiewinkels in Kaapstad te ontdek, om mense te soek wat passievol oor koffie is en saam met hulle koffie te leer ken en te geniet.

Dit is nie net in die drink nie, maar ook in die maak

hoe gemaak?

Die genot van goeie koffie kom nie net van die drink nie. Daar is soveel kreatiewe maniere om koffie te maak. Elke metode bring 'n unieke smaak, karakter en aroma van die koffie uit. As jy dink goeie koffie word net gemaak deur 'n koffiemaker, 'n Espresso masjien of 'n "plunger", dan maak jy 'n fout.

​

Daar is soveel lekker maniere om koffie te maak buiten die gewone bekende maniere en BaardBek Koffie wil jou help om hulle te ontdek en te bemeester. 

​

Ons gaan binnekort begin om videos te maak en vir julle wys hoe jy jou vriende kan beindruk met van die beste koffie ooit! Van die maniere gaan jou meer na 'n wetenskaplike laat lyk as 'n barista!

is nie almal in die selfde klas nie...

koffiewinkels

Jy werk hard vir jou geld en koffie is nie altyd goedkoop nie. So waarheen moet jy gaan om die beste koffie te kry en dalk ook sommer iets te ete wat watertand lekker is? Waar sal jy of lekker kan kuier met vriende of daai laaste bietjie werk gedoen kan kry?

​

BaardBek Koffie gaan van die gewilde en bekende koffiewinkels besoek en resensies oor dit skryf. Ons gaan ook die onbekendes besoek. Daar is verseker 'n klomp onbekendes wat die groot name 'n les of twee kan leer.

Boston Coffee

Join our mailing list

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon
bottom of page