top of page

Origin Coffee Roasters

Toe ek by Origin instap, het ek geweet hierdie is 'n lekker plek! Die plek was stampvol. Ons was baie gelukkig om sitplek te kry. Die ontvangs was vriendelik en die onmiddelike gevoel wat 'n mens kry wanneer mens instap, was hartlikheid en verwelkomend. 

​

Hierdie plek is ernstig oor hulle koffie en jy kan dit op hulle spyskaart sien. Hier gaan jy nie net 'n Espresso, Flat White of Cappacino kry nie. Hulle het 'n wonderlike "Brewing Bar" waar jy jou koffie op verskeie alternatiewe maniere gemaak kan kry. Jy kan kies tussen die gebruik van 'n Aeropress, French Press, V60, Chemex, Turkish Koffie en Siphon Pot. 

​

Ek het dadelik besluit om  'n Siphon Pot probeer. Ek het al Siphon Pot koffie gehad, maar die een keer was meer 'n leerskool van hoe maak jy dit. Toe die Barista gereed was om my Siphon pot te maak, het ek lekker by die toonbank gaan sit en hy het my stap vir stap alles verduidelik. Zakhele wat dit gemaak het is 'n super vriendelike mens wat regtig passievol is oor koffie. Hy was gretig om sy kennis met my te deel en ons het sommer net lekker gesels oor verskeie alternatiewe koffie maak metodes.  Hy het ook vir my later genooi om 'n Chemex koffie te geniet wat hy spesiaal vir my gemaak het. Chemex is seker my gunsteling alternatiewe manier van koffie maak en Zakhele het hom perfek gemaak. Beide die Chemex en Siphon was wonderlik!

​

Ek het ook 'n Bagel met spek op gehad wat baie lekker was. Hulle spyskaart het 'n heerlike verskeidenheid en is ook baie goed geprys.

​

As jy klaar gekoffie het, moenie net loop nie. Stap gerus by die trappe op en gaan kyk hoe word hulle bone gerooster. Ons het heerlik met Mike hulle "Head Roaster" gesels. Dit was net weer vir my 'n bevestiging watter kuns en wetenskap dit is om die bone perfek vir ons te kry. Dit is fantasies om te sien hoe vrymoedig hulle hul kennis met 'n mens deel.

​

Ek sal VERSEKER weer daar 'n draai gaan maak. Ek het immers vir Zakhele gesê dat as ek weer kom, ek vir hom 'n Chemex sal maak!

​

Koffie: 5/5

Verskeidenheid van koffie: 5/5

Waarde vir geld: 5/5

Atmosfeer: 5/5

Diens: 5/5

​

Waar kry jy hulle:

​

​

​

​

​

​

Volg Origin Coffee Roasting(Kaapstad)
http://www.originroasting.co.za
  • Facebook Social Icon
  • Instagram Social Icon
bottom of page